Willem & Elzette se Pre-wedding shoot

Ja dit was weer sulke tyd.  My man moet  weer die bank veld toe ry en alles wat daarmee saamgaan, en moenie vergeet nie hy is my tweede fotograaf, en hy is onmisbaar vir my.  Wanneer ek shoots sonder hom moet doen voel ek verlore. Dit lyk soos die groot trek.  Maar ons het dit almal baie geniet.  Elzette en Willem het lekker saamgespeel en lekker kleurvolle klere aangehad, wat die vrolikeheid gekomplimenteer het.  Ons sien baie uit na hulle troue die 28ste September 2013.  Sien julle daar Elzette en Willem.  O ja hulle trou by La Compana in High Road Brentwoodpark.  Geniet solank die paar fototjies van die mooi paartjie.

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*