Chantelle & Schalk se pre-wedding shoot deel 1

Ai, weereens het ons baie pret gehad met die mooi paartjie.  Hulle trou op die 19de Oktober by die Boskapel digby Bapsfontein.  Chantelle wou graag ‘n poeierverf geveg he, en ook treinspoor vir mooi foto’s.  Haar wense het waargeword.  Rika Janse Van Resnburg het foto’s saam met my geneem vandag.  Glo dit of nie, maar sy was my en Chantelle albei se graad 1 Juffrou.  Sy was my Juffrou in 1972, en ek weet Chantelle sommer baie jare later.  Wat ‘n voorreg om mekaar na soveel jare nog te ken en nog vriende ook wees.  Dankie “Juffrou” dit was lekker. Hierdie is deel 1 van die fotosessie.  Die poeiergeveg sal more volg.  Alle fotos sonder my amptelike logo is Rika Janse Van Rensburg se fotos.  Geniet dit.

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*