Chantelle & Schalk Powder paint pre-wedding shoot…Part 2

Nou ja, hier is iets wat ek dink ons almal van tyd tot tyd kan doen.  Hoekom net vir voorhuwelikse paartjes.  Dis te oulik, hulle staan eers gereed met die verf poeier in hulle hande, dit lyk asof daar ‘n onderhandeligsproses aan die gang is.  Wie gaan eerste gooi?  Instede van gooi begin hullen die verf op mekaar te blaas, maar glo my dit was nie lank nie toe peper hulle mekaar met die verf.  Nou is dit oorlog, jy sien net poeier trek, maar dan kom die opmaak proses, alles raak rustig en met besmeerde gesigte , hande en klere, druk en soen hulle mekaar.  Tipies hoe dit baie keer op ‘n mens se pad gaan met verhoudings.  Daar kom tye wanneer mens van mekaar verskil, maar as ons onthou om dit altyd in liefde en respek teenoor mekaar te doen, dan sal dit altyd weer rustig word en kom versoening sommer maklik.  Ek dink dis ‘n les vir ons almal wat al lank getroud is en vir die jonges wat nou beplan om hul lewens vir altyd met mekaar te deel.  Ons sien baie uit na julle trouwe, en kan nie wag om jul kosbare oomblikke op kamera vas te le nie.  Weereens word erkenning gegee vir Rika se foto’s, onthou die sonder my kenteken.  Geniet die foto’s.

  • Chantelle - Dankie bokka vir n great shoot….. die EERSTE van sy soort.. wat n goeie idee!ReplyCancel

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*