About Amelia Bodenstein by Helene Bestbier

Amelia – Vele Talent, Vele Betekenisse.

‘Amelia is …. derived from the Germanic word amal meaning “work”.  Van skooldae af ken ek haar so:  besig!  Na skool het ons paaie geskei en terwyl ek, en baie ander onsself toegespits het op een rigting, het Amelia, moederskap; ‘n naaldwerkbesigheid; ‘n graad in sielkunde en loopbaan in bemarking onder die knie gekry.  Ek was dus nie verbaas toe ek vir Amelia gaan kuier en os die fotograaf ook ontmoet nie.  Ons moes staan – sit- le vir ‘n “family shoot”.

“Industrious”, onthou ek skielik die ander betekenis  van “Amelia” toe ek deur die pragtige albums van bruide, families en verjaardagpartytjies – fotos blaai.  Drie ajar se harde werk.

Ek grunnik effens vir die woord “fertile” wat “Amelia” ook beteken:  vrugbaar!  Of eerder “produktief”!! Ja-a-a, stem ek saam:  want haar tyd as amateur- fotograaf is verby.  Sy’s lank nie meer bekommerd oor die regte toerusting, lense, kameras, ensevoorts nie.  Sy’t aanbeweeg om ‘n gerekende, professionele fotograaf te wees, iemand wat elke minuut van  haar fotografie-besigheid noukeurig bestuur (haar assistent sal bevestig).  En tog …  aan die aander kant:  “Meester fotgrawe” is die wat die geheim ken om met lig te flirt deur die kamera lens.  So, ek daag jou uit:  gaan kyk bietjie mooi na die kunstige gebruik van lig op “Amelia Photograpy” se Facebook page, blog en website.  ‘n Meester aan die werk.

In Amerika sou “Amelia” bekend gewees het as die “Verdediger”!  Jip, hier ook in Suid-Afrika.  Sy’s die “Verdediger van herinneringe”.  Sy’s bereid om daai klein voetjies NEER te sit en ‘n vuisie te bal as iemand waag om ‘n foto-kans op te mors.  Herinneringe kom soms net een keer. Sy “veg” verbete vir die beste herinneringe.

Haar eie perssonlike herinneringe, is ook te danke aan haar vennoot, Jannie.  Lewensmaat vir byna 30 jaar.  Hoe kan ‘n mens vir so lank’n goeie lewensmaat wees? Vra maar vir Jannie, hy sal jou se.  Hy hou altyd tred soos Amelia groei op haar lewensreis.  Hy gun haar haar persoonlike belange.  Hy sorg vir haar as sy moeg, seer en siek is.  Hy raak haar altyd aan.  Hy “boost” haar menswees.  Hy respekteer haar in die publiek.  Hy kan homself in haar klein skoentjies plaas en verstaan hoe sy dink, voel en waarheen sy aspireer.  Hy skep gemeenskaplike doelwitte vir hul albei, onder andere vir die beste fotografie-vennootskap.

Sy kies ‘n boompie met hartvormige vruggies as haar Logo.  Eintlik  is die boom syself.  Nes haar naan verskillende takke, standvastigheid en koelte bied, bied sy vir elkeen – klein en groot, taal en kultuur, oud en jonk – ‘n oomblik se stilstaan; ‘n wag om the onthou en daardie asem-snak-oomblik as jy weer en weer na die fotos kyk wat sy van jou herinneringe geneem het.

Helene Bestbeir

Vriendin seder 1983

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*